Ballets Russes



Ballets Russes


Stigting
1909


Bekende danseresse


Anna Pavlova

Tamara Karsavina
Olga Spessivstseva
Mathilde Kschessinska
Ida Rubinstein
Bronislava Nijinska
Lydia Lopokova
Diana Gould
Alicia Markova


Bekende dansers



Vaslav Nijinsky

Michel Fokine
Serge Lifar
Léonide Massine
Anton Dolin
George Balanchine
Valentin Zeglovsky
Theodore Kosloff
Adolph Bolm


Choreograwe


Michel Fokine

Marius Petipa
Bronislava Nijinska
Léonide Massine
George Balanchine
Vaslav Nijinsky


Ontwerpers


Léon Bakst

Georges Braque
Natalia Gontcharova
Mikhail Larionov
Pablo Picasso
Coco Chanel
Henri Matisse
André Derain
Joan Miró
Giorgio de Chirico
Salvador Dalí
Ivan Bilibin
Pavel Tchelitchev
Maurice Utrillo
Nicholas Roerich
Rouault


Komponiste


Igor Strawinski

Claude Debussy
Darius Milhaud
Francis Poulenc
Sergei Prokofiëf
Maurice Ravel
Erik Satie
Ottorino Respighi
Richard Strauss

Die Ballets Russes [balɛ'ʁys] was 'n reisende balletgeselskap wat tussen 1909 en 1929 op toere dwarsoor Europa asook Noord- en Suid-Amerika opgetree het. Die groep, wat in 1909 deur die Russiese impresario Sergei Diaghilev gestig is en as een van die belangrikste en invloedrykste balletgeselskappe van die 20ste eeu beskou word, het vir die eerste keer op 19 Mei 1909 in Parys opgetree waar dit entoesiasties deur die gehoor en kritici ontvang is. Naas Parys het die groep hulle later ook in Monte Carlo gevestig.

Jean Cocteau se plakkaatontwerp vir die seisoen van 1911, met 'n uitbeelding van Vaslav Nijinsky se kostuum vir Le Spectre de la Rose

Die Ballets Russes het hul sukses onder meer aan die baanbrekende samewerking van eersterangse choreograwe soos Michel Fokine, Léonide Massine en George Balanchine, komponiste, ontwerpers, en dansers te danke gehad. Balletdansers soos Vaslav Nijinsky en Anna Pavlovna Pavlova het as lede van die Ballets Russes wêreldfaam geniet.

Diaghilev se doelwit was om Russiese kuns orals in Europa bekend te maak. Sy beginsel en leidraad was L'art pour l'art ("kuns ter wille van kuns"), sodat sy kuns geen betrekking tot die politieke realiteit van sy tyd gehad het nie. Die opvoerings van Ballets Russes was opspraakwekkend vanweë hul verfrissende nuwe toenadering tot danskuns en die manier waarmee hulle die werk van visuele kunstenaars tot die publiek se aandag gebring het.

Van die mees vooraanstaande kunstenaarspersoonlikhede uit verskeie velde het saamgespan om dans, musiek, kostuums en toneelontwerp tot 'n omvattende kunswerk saam te smelt. Ballets Russes het weggedoen met oorgelewerde tradisies en 'n nuwe beeldspraak in hul danskuns ingevoer wat onder meer as inspirasie vir Art Déco-kunstenaars gedien het.[1]

Daarnaas het hulle musikale komposisies in 'n nuwe rigting gestuur. Hul balletopvoerings is deur klassieke, neo-klassieke, romantiese, neo-romantiese, avantgardistiese, ekspressionistiese, abstrakte en oosterse invloede gekenmerk.

Die balletgeselskap is ná Diaghilev se afsterwe in 1929 ontbind, maar laat sy invloed op moderne danskuns steeds geld.

  1. Arne Sildatke: Dekorative Moderne: Das Art Déco in der Raumkunst in der Weimarer Republik. Dissertation Freie Universität Berlin. Berlin: LIT Verlag Dr. W. Hopf 2013, bl.82

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy